Saturday, September 4, 2010

2010 September byeenkoms

Die tweede les van ons groep se beginnerskursus en omtrent almal se huiswerk van les 1 was op datum. Nadat ‘n R5,00 straf blikke voorgestel is vir die wat nie hul huiswerk voltooi het nie, was Melanie vinnig om voor te stel dat ons dit liewer ‘n straf dop moet maak. Dan soos met alle groepe is daar natuurlik ook die gewone politiek – die wat MEER huiswerk wil hĂȘ en die ander wat voel genoeg is genoeg. Met elke nuwe tegniek is die moontlik ook raakgesien hoe een tegniek ‘n volgrootte volgende kwilt kan word. Hou die groep fyn dop vir ons eerste dubbelbed heksagon kwilt!!
En soos op die foto’s duidelik gesien kan word, loop Marie die heeltyd net rond terwyl die ander om haar probeer werk. Ai……….. ons liewe groepleidster – ons sukkel maar.