Saturday, April 9, 2011

2011 April byeenkoms

Trou aan die tradisionele April gekskeerdery, skop hierdie maand se vergadering toe ook ietwat anders af.  Ons was nog nie eers almal reg op ons plekke nie of Rina van Straten stap selfversekerd die kerksaal binne in haar pajama broek!!!

Sy wou 'n nuwe een hĂȘ en dit moes presies net so sit.









Ons weet nie waarmee sy Bettie omgekoop het nie, maar kort voor lank was Bettie besig om vir Rina 'n nuwe broekpatroon te sny.

Ook nie veel later daarna nie, is die arme Bettie aan haar eie genade oorgelaat om die broek klaar te stik




terwyl Rina rustig voortwerk aan haar Kleurvolle
Kubus.





Daar was nog 'n paar van ons groep wat ook aan hul Kleurvolle Kubus kwilte gewerk het, hier is:






'n Ietwat siekerige Charlene met haar pragstuk -











Breggie staan met haar pragtige kleure ook vir niemand terug nie en hier is Anida ook ernstig besig met hare.








Connie werk aan deurgeskenkies vir die Augustus vergadering wat om verstaanbare redes nog nie bekendgemaak mag word nie.










Petro is ernstig besef om op datum te kom met haar beginnerskwilt.




Ons groepleidster, Marie, wat net 'n paar maande gelede nog vir my vertel het dat sy glad nie kan 'freemotion' kwilt nie, het die hier soos kinderspeletjies laat lyk terwyl sy werk aan 'n projek vir die Bloemfontein Skou.

Ek, Sonja en Kokkewiet was regtig net te besig om vir enige foto's te poseer soos die ander verveelde mense in die groep.