Saturday, May 14, 2011

2011 Mei byeenkoms


Vir sommige van ons groeplede was hierdie ‘n besondere LANG dag in dat ons voor ons groep byeenkoms eers ons gilde se kwartaalvergadering bygewoon het.  Sommige van ons kon egter nie die vergadering bywoon weens ander verpligtinge nie en het soos ons verjaardagmeisie van die maand, Bettie du Toit, net betyds vir die groepie gekom, sodat die res van ons op ons eie valse manier vir haar kon sing.
Met almal weer rustig is daar kliphard gewerk aan ons heel laaste blok van ons beginners kwilt naamlike die “crazy patch” blok en dit blyk toe so ‘n gewilde blokkie te wees dat ons sommer besluit het dat ons groep nog een so ‘n kwilt elk gaan maak tydens ons groepdae.
Ook nie lank nadat ons begin het nie, kon ons al van die voltooide “crazy patch” blokke bekyk en alhoewel almal met totaal verskillende materiaal en kleurskemas aan hul beginnerskwilte werk, het die amper gelyk of die blokkies bymekaar kan pas wat net weereens bewys het hoe veelsydig (letterlik en figuurlik) ‘n “crazy patch” blokkie eintlik is.
Van die flukses in die groep, kon toe ook al hul voltooide blokke van hul beginnerskwilte uitpak om te sien hoe dit aanmekaargestik moet.  Amper moeilik om te glo dat afgesien van die middelstukke almal aan dieselfde patroon gewerk het en kyk net hoe verskillend lyk die kwilte.
Ons groep het verder besluit om gehoor te gee aan die versoeke deur die gilde ten opsigte van die beplande fees in 2013 en dat ons nie negatief ten opsigte van ons bydraes, die werk of finansiĆ«le uitgawes daaraan verbonde nie, maar dat ons mekaar eerder gaan help, sodat ons in 2013 kan terugkyk en dink dat ons almal ‘n positiewe bydrae tot ons fees kon lewer.

Tot volgende maand!