Friday, January 27, 2012

Tuesday, January 17, 2012

Sunday, January 15, 2012

2012: Januarie

Ons groep het sommer vroeg begin deur al ons eerste byeenkoms in Januarie te hou en nie sonder rede nie.  Ons gilde beplan 'n nasionale kwiltfees in Julie 2013 en ons sit almal skouer aan die wiel om dit te laat werk.  Dus het ons nie op ons laat wag nie en met 'n stink spoed weggetrek om dinge te laat gebeur.

Ons het plastiese bottels gesny dat dit klap.  'n Paar van ons het eintlik blase op ons vingers gehad.  Dit was egter 'n hele proses en ons het my aan fabriekswerkers laat dink.  Eers is die bottels gewas en dan korter gesny voordat hulle na die volgende tafel verskuif is.

Dan is die bottels deur 'n tweede proses van snywerk voordat die vouwerk begin is en Rina was dan verantwoordelik vir die tel van die voltooide projekte.

Alhoewel Connie beweer het, haar beginnerskwilt is ook klaar - sy het dit met die hand gekwilt, het net Kokkewiet iets vir 'show & tell' gebring en vir ons haar voltooide kubus se bokant kom wys.

Ons het darem ook nie net gewerk nie en Kokkewiet het vir die les van die maand gesorg deur vir ons te wys hoe om stroke vir skuinsband te sny sonder om teen 'n hoek te werk.  Ek het ter wille van ons oud-wordende geheues stap vir stap foto's geneem ons te help met die onthou. Dit is wat dit so lekker maak om aan 'n groep te behoort, elkeen wat 'n wenk, wenplan of nuwe skepping uitdink, deel dit met almal.  Dankie Kokkewiet!!
Vierkantige stuk materiaal

Vou skuinsoor in die helfte

Bring buitepunte na middel - lyk soos koevert

Vou koevert weer in helfte

Sny ewewydige reguit stroke

Voila!! 'n Dubbel stel skuinsstroke sonder om teen 'n hoek te sny.

Charlene en Breggie het werk gebring om te doen, maar die res van ons was redelik onvoorbereid toe ons vroeër met ons feeswerk klaargekry het omdat ons voorraad opgeraak het en ons het dus vroeër verdaag.

Petro en Sonja was afwesig en ons het hul gesiggies gemis.

Tuesday, January 3, 2012

Groepleidster, Marie, verjaar!

Baie geluk Marie - mag jy die heeljaar deur vir ons goed bly.  Hoop jy het 'n wonderlike dag.