Saturday, February 5, 2011

Wyn vir Valentyn


Ons tweede byeenkoms vir die jaar en dit lyk of ons groep hierdie jaar sommer goed begin.  Sommige van ons is nog so ‘n bietjie agter en probeer op datum kom met die beginnerskwilt terwyl die res van ons aangaan met ons eie werk of ons deel tot die gilde se projekte bybring.

Aangesien dit Februarie is, het ons besluit om dit so ‘n bietjie te vier met die allermooiste rooi eetgoed en Rina van Straten het gesorg dat ons almal iets vir die droĆ« kele gekry het.  So ‘n botteltjie rooi wyn het darem goed afgegaan op ‘n Saterdagmiddag terwyl die gesin gedink het ‘ma is by ‘n kwilt klas’.

Ons verwelkom Ria van der Merwe in ons groep en hoop dat sy dit lank genoeg met ons klomp sal kan uithou veral omdat sy so omring is met skoonfamilie in die groep. 

Robert, Connie se man, is alweer terug in die hospitaal en ons wens haar alle sterkte toe met die versorging.
 Groepleidster Marie was vandag in
 ‘n minder goeie bui, maar het dit darem reggekry om te glimlag vir die foto’s en Petro het besluit sy het ons lank genoeg afgeskeep en darem weer haar gesig kom wys.

Hettie was die enigste een daar met ‘n man aan haar sy en soos op die foto gesien kan word, hou sy van hulle aansienlik jonger.

Anida was afwesig omdat sy ‘n bietjie siekerig is en ons hoop sy is weer perdfris en gesond op ons byeenkoms in Maart.

Ag en dan is daar mos altyd die enetjie wat so 'n bietjie uitrafel.  Hier is foto's wat duidelik die VOOR en NA ('n botteltjie wyn) wys.
         

Petro in aksie!!!