Monday, April 16, 2012

2012: April

Connie in ons groep blyk die een te wees wat elke maand met 'n voltooide projek kom spog en hierdie maand het sy haar Bargello kom wys.

Daar was 'n paar gesigte afwesig omdat Petro alte heerlik troue gaan hou het in Namibië, Charlene met 'n beseerde rugby kind gesit het en Ria kinders met karprobleme gehad het.

Die res van ons was egter gereed vir Kokkewiet se aanbieding van die 3-D "bow-tie" blok en hier is juffrou Kokkewiet in aksie terwyl ons almal die ene ore is.

Sommer gou-gou het elkeen 'n blokkie gemaak en daarmee begin spog.  Hier is Rina met haar voltooide blokkie, Sonja druk besig om hare te stik en Breggie met die helfte van 'n blokkie.




Toe Bettie haar blokkie klaar het, het ons 'n paar bymekaargesit om te sien watter sekondêre patrone daaruit kom.

Vir die wat wil gaan loer presies hoe die blokkie gemaak word, kliek HIER vir volledige instruksies.

Daarna het elkeen aangegaan met ons eie ding.  Hier help ons vir Kokkewiet om haar 3-D Kubus kwilt se lae opmekaar te sit.

Rina het aangegaan met haar 'skoonma muurbehangsels' wat sy vir die familie maak.

Breggie maak 'n Log Cabin kattekwilt

Marie het haar pou kwilt begin deurstik om dit voor die Bloem Skou klaar te kry.

'n Produktiewe groepiedag vir almal en onthou om als te maak wat jy onderneem het. (hartjies en tafellopers) en ons moet almal onthou om volgende keer papier sneesdoekies te bring.