Saturday, August 6, 2011

2011 Augustus byeenkoms

Op 'n bitterkoue wintersdag het ons vandag in die nog koue kerksaal byeengekom.  Gelukkig het liewe Rina vir innerlike hitte in die vorm van OBS gebring.

Ons het gou geleer hoe om 'n "binding" aan te sit sonder dat daar 'n sigbare begin en einde is en na die "adult rated" seks praatjie, gaan die groep beslis nooit vergeet hoe om dit te doen nie.
Groepleidster, Marie, het 'n spreekbeurt gekry en met soveel kletskouse moet sy dit maar vinnig doen, want sy weet nie wanneer die volgende geleentheid hom sal voordoen nie.  Nodeloos om te sê was ons beplande Nasionale Kwiltfees in 2013 die oorheersende onderwerp, maar ons groep is begeesterd en gaan ons kant bring en ons deel bydra.
Al een wat nie vandag aktief aan die werk was nie, was Anida wat haar duim gekraak het.  Sy het dus tussen ons rondbeweeg en vir goeie geselskap gesorg.

Elke lid wat nog iets uitstaande het ten opsigte van die groep se bydraes weet wie hulle is en moet asseblief hul deel so gou moontlik by Marie indien.  Onthou wat klaar is, is klaar!!
Ons sien mekaar dan weer die 18de Augustus op die kwartaalvergadering met die eetgoed waarvoor ons verantwoordelik is en ons kom weer op die 3de September bymekaar en hopelik is dit dan al 'n bietjie warmer.

Tuesday, August 2, 2011

Breggie se katte kinders

Breggie het vir my 'n foto van haar katte kinders gestuur en sê hulle raak nou so vinnig groot dat hulle amper skoolgereed is.

Hoe lyk, enig-een van julle ander wat vir ons 'n foto vir die blog wil stuur.  Wie het klaar kwilte wat ons hierop kan wys?  Dink net dan hoef ons dit nie saam te karwei groepie toe nie.