

Afgesien van Petro wat hard moes werk om haar kleinkind se onderbaadjie vir sy doop die volgende dag moes klaarmaak, het daar by die ander van ons nie veel gebeur nie. Eet en drink het voorrang geniet.

Alhoewel dit na aanleiding van die foto nie gelyk het of groepleidster Marie baie lus was om ons te sien nie, het sy darem die plan van aksie vir die volgende jaar met ons bespreek.
Vir al haar geduld, beplanning en om ons almal op hoogte te hou van wat wanneer moet gebeur, het sy hierdie blykie van waardering ontvang.
Ek wil ook vir die hele groep dankie sê vir my heerlike bederf geskenk en dit net omdat ek alte lekker nonsens van jul almal hier op die blog kan praat. Dankie julle!