Friday, November 4, 2011

2011 September byeenkoms

Ai en in die gewoel vergeet ek toe skoon om van ons September byeenkoms te vertel en nou kan die koppie mos ook nie meer als onthou wat gebeur het nie.

Ons beplan nie vir elke groepsbyeenkoms 'n tegniek of nuwe kwilt nie, maar gebruik die tyd om aan al ons UFO's te werk.  Hierdie kker het ek my kamera by die huis laat lĂȘ en groepleidster, Marie, het dus met haar kamera gespeel.

Ek is doodeenvoudig te lui om my sware masjien te laai en saam te vat, dus verkies ek om 'n handwerkie te doen en nee, ek sit nie met my voete op 'n ander stoel omdat ek gemaklik, lui of ryk is nie.  Ek het gevind dat dit die stremming van my rug afvat, veral met handwerk waar 'n mens geneig is om vooroor te leun.


My kwiltmaatjie, Karin, het spesiaal haar kerkklere aangetrek om vir ons te kom kuier.

Breggie met haar 'crazy patch' blok in rooi en pers vir PFAFF se kwartaallikse "Block Lotto"

Petro by die ligtafel en sy lyk maar net so kwaai, eintlik 'n liewe dier.

Sonja hard aan die stik.  Sy is beslis nie te lui om haar masjien saam te ry nie.

Kokkewiet bitter na aan klaar met haar beginnerskwilt en ek het die foto's van die voltooide kwilt gesien, dis asemrowend mooi!


Ria, altyd met 'n glimlag op haar gesig, besig met Iessie se Bargello kwilt in die allermooiste kleure.


Rina meet en pas om haar Kleurvolle Kubus kwilt aanmekaar te kry.

Ons sit koppe bymekaar om Rina te help met die Kleurvolle Kubus en dankie tog vir Breggie se skerp geheue, want as arme Rina na my moes luister was dit een generale flop.

En hier is die hele groep, behalwe natuurlik die afwesiges en Marie wat agter die kamer gestaan het, aan't werk.

No comments:

Post a Comment